In twee weke woed 27 veldbrande op 59 plase in Namibië

Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig die Steinhausen-vuur wat die afgelope vier dae gebrand het, het massiewe skade aangerig. Hy het gesê die afgelope twee weke was daar 27 veldbrande in Namibië wat op 59 plase 143 000 hektaar vernietig het. Altesaam 135 vee en 75 wilde diere is dood en infrastruktuur soos heinings en waterpype is beskadig. Muyunda het gesê die meeste brande is vermoedelik deur brandstigters en houtskoolbranders veroorsaak.