Namibiese damme gesamentlik 78,9% vol

Volgens die weeklikse Namibiese dambulletin van NamWater is damme gesamentlik 78,9 persent vol, teenoor verlede week se 79,2 persent. Uit die Hardapdam is 2,731 miljoen kubieke meter water onttrek met die dam wat nou 56,8 persent vol is, teenoor verlede week se 57,7 persent. Die sentrale damme is gesamentlik 70,9 persent vol, Gobabis se damme 32,5 persent en die Suide-damme is gesamentlik 85,1 persent vol.