Kaapstad se strate meer voetganger-vriendelik

Die Stad Kaapstad sê ‘n projek om sy breë voetgangerplan in te stel is goed op dreef en opgraderings aan voetpaaie in die stadskern word gedoen. Dit sluit in nuwe sypaadjierande en verlaagde sypaadjies en opritte vir voetgangers in rolstoele, asook aanraak-teëls vir blinde persone. Die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Rob Quintas, sê die projek fokus op die 34 strate van St Johnstraat tot Ou Marieneweg.