Immigrasie sal aandag kry by ActionSA se beleidsvergadering

ActionSA sê sy eerste beleidskonferensie wat volgende week plaasvind, gaan sterk fokus op die hersiening van die immigrasiebeleid. Die party beoog om die kwessie te pak met ‘n omvattende pakket wat daarop gemik is om grenspatrollies te verbeter en die deportasie van mense wat onwettig in die land woon, te vergemaklik. Die voorsitter, Michael Beaumont, het die party se gereedheid vir sy eerste konferensie uiteengesit. Hy hoop die party se manifes vir volgende jaar se verkiesing sal ‘n vars alternatief vir burgers bied: