Wêreldbeker: Openingswedstryd vanaand

Vanjaar se Wêreldbekertoernooi begin vanaand in Parys wanneer die gasheer, Frankryk, teen die driemalige kampioen, die All Blacks, te staan kom. Die wedstryd begin net na nege-uur en word voorafgegaan deur die openingseremonie om agt-uur. Die Welwitschias speel môre teen Italië. Behalwe Namibië is die ander lande in Groep A is Italië en Uruguay, en Suid-Afrika speel teen Skotland, Ierland, Roemenië en Tonga in Groep B. Die groepswedstryde loop op 8 Oktober ten einde, waarna die top twee in elkeen van die vier groepe deurdring na die kwarteindronde. Die eindstryd vind op 29 Oktober plaas.