Kabinet wil hê privaatsektor moet help om groenskemas te bedryf

Die Namibiese kabinet wil hê dat die land se groenskemas in samewerking met die privaatsektor bedryf moet word, in lyn met die bepalings van die tweede Harambee welvaartsplan. Volgens die beleidsrigting wil kabinet sien dat groenskemas op beide kommersiële en kommunale stukke grond deur die privaatsektor ontwikkel word met ‘n 10 persent aandeelhouding vir kleinskaalse boere wat eenhede in die skema bedryf. Kabinet wil hê kundiges in die privaatsektor moet kapasiteit by die produsente bou. Kabinet wil ook oudits van alle groenskemas in die land hê. Talle van die projekte onderpresteer en daar is reeds ‘n geruime tyd uitdagings wat saad- en kunsmistekorte, sowel as tekorte aan toerusting insluit.