Iga vat Franse Ope, daar’s geen keer aan haar nie

Die Franse Ope se vroue-eindstryd was woerts-warts oor. Die skynbare onstuitbare Iga Swiatek het die kampioenskap vir die tweede keer in haar loopbaan verower. Die 21-jarige Poolse speler was te sterk vir Coco Gauff van Amerika. Swiatek het met 6-1, 6-3 gewen en het nou 35 oorwinnings agter haar naam. Rafael Nadal en Casper Ruud pak mekaar vanmiddag in die mans-enkelspel. Die Spanjaard gaan probeer om die Franse Ope vir die 14de keer te wen vir ‘n rekordgetal van 22 Grand Slam-titels. Ruud maak geskiedenis as die eerste Noorweër om in ‘n Grand Slam-enkelspel-eindstryd te speel.