Abbott hervat vervaardiging van babamelk

Abbott Laboratories het sy babaformule-produksie-aanleg in Sturgis, Michigan, heropen, wat groot verligting bring vir Amerikaanse moeders na ‘n landswye tekort aan voorrad. Die maatskappy sê hy met die vervaardiging van EleCare en ander spesialiteits- en metaboliese formules begin, wat teen 20 Junie op winkelrakke sal wees. Die fasiliteit heropen nadat daar aan aanvanklike vereistes voldoen is na infeksies by baba’s opgemerk is. Die aanleg was gekontamineer. Sowat 73 persent van babaprodukte was vanaf 22 Mei landwyd in die VSA uit voorraad.