Ietermagô-bewustheidsdag plaaslik sommer die hele maand

Wêreld-ietermagôdag is om die draai. Die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld word internasionaal op die derde Saterdag van Februarie gevier. In Namibië het die omgewingsministerie die hele maand aan bewustheid van die ietermagô toegewy met pryse wat weekliks weggegee word. Ietermagô-navorser, Kelsey Prediger sê vanjaar word ‘n pretdrag ten bate van die ietermagô aangebied.