Ongelukke neem toe, mense 72% verantwoordelik

Motorongelukke in Namibië is besig om weer te styg nadat daar ‘n afname was tydens die reisverbod tussen streke in die Covid-pandemie. Volgens ‘n studie van die Motorvoertuig-ongelukkefonds is die oorsaak van ongelukke 72 persent weens menslike faktore. Die fonds doen ‘n beroep op padgebruikers, veral bestuurders om padreëls na te kom. Surihe Gaomas-Guchu, hoof van korporatiewe sake van die fonds gesels met Kosmos 94.1 Nuus.