Deur-tot-deur Covid-inentings moontlik op pad

Die adjunkpresident van Namibië, Nangolo Mbumba, het tydens die Covid-inligtingsesssie aangedui dat Namibië ‘n lae inentingskoers het en huiwerig is om ingeënt te word. Ongeveer 25 persent van die geteikende bevolking is ingeënt terwyl net meer as 2 persent van die geteikende kinders tussen 12 en 17 gespuit is. Volgens die adjunkminister van inligting, Emma Theofelus, is die regering besig met ‘n proses om belonings aan te bied en deur-tot-deur-inentings is ook ‘n moontlikheid.