Ierland beslis 43 jaar na brand

‘n Ierse jurie het bevind ‘n dodelike brand in nagklub 43-jaar gelede was ‘n onregmatige daad. Agt-en-veertig mense is dood en meer as 200 beseer in die brand in die Stardust-nagklub in Dublin in 1981. Sky News berig nagenoeg 800 mense het die klub op Valentynsdag volgepak. Die jongste ondersoek is in 2019 gelas, maar het eers verlede jaar begin. Die jurie het bevind ‘n elektriese fout in ‘n lugkas het die brand veroorsaak nadat die slagoffers se families die bevinding van brandstigting kort na die brand verwerp het.