Houtskoolvereniging het nuwe lidmaatskapstelsel

Die Houtskoolvereniging van Namibië, CAoN, het ‘n nuwe lidmaatskapstelsel gekry. Die kern-besigheid van die CAoN is dus om dienste aan die vervaardiger van houtskool en vuurmaakhout in Namibië te lewer. CAoN ondersteun dus ook verwerkers, kopers en agente wat deur die CAoN ingeskryf is. Om ‘n beter diens aan sy lede te lewer, het die CAoN ‘n plaaslike maatskappy opdrag gegee om ‘n lidmaatskapstelsel te ontwikkel. Hierdie stelsel is nou gereed en word geïmplementeer. Michael Degé, bestuurder van die vereniging, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.