KwaZulu-Natal se premier bedank

KwaZulu-Natal se premier, Sihle Zikalala, het bedank. Hy het die ANC in die provinsie gevra om hom van sy pligte te onthef nadat die gewese provinsiale jeugleier, Sboniso Duma, hom op die onlangse verkiesingskonferensie as provinsiale voorsitter vervang het. Die party sê dit was ‘n pynlike, moeilike besluit om die versoek te aanvaar aangesien Zikalala hom baie goed van sy taak gekwyt het sedert hy oorgeneem het. Die party is van plan om môre onderhoude te voer met voorkeur-kandidaat Nomusa Dube-Ncube asook Amanda Bani en Mbali Fraser vir die vakante premiers-pos.