Eskom pas die naweek fase-2-beurtkrag toe

Eskom gaan voort om fase 2-beurtkrag tydens die naweek toe te pas. Dit word toegeskryf aan die voortgesette tekort aan opwekkings-vermoë. Fase 2-beurtkrag sal môre en Sondag in die aandspitstyd van vier-uur die middag tot middernag geld. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê sommige opwekkings-eenhede gaan na verwagting binne die volgende paar dae weer in diens gestel word.