Hoop vervaag vir oorlewendes by Italiaanse gletser

Reddingspanne het die soektog hervat na 13 klimmers wat vermis is nadat ‘n deel van ‘n gletser Sondag hoog in die Italiaanse Alpe meegegee het. Sewe is tot dusver dood bevestig. Hoop om oorlewendes te vind vervaag. Sondag se sneeustorting het plaasgevind op die Marmolada, wat op meer as 3 300 meter die hoogste piek in die Dolomiete is, ‘n reeks in die oostelike Italiaanse Alpe wat oor die streke van Trento en Veneto lê. Met die piek steeds onstabiel, het redders hommeltuie en helikopters gebruik om slagoffers te soek of om hulle deur hul selfoonseine te probeer opspoor. Groot gedeeltes van Italië het ‘n vroeë somer hittegolf beleef.