Noorweë sluit 3 olievelde as gevolg van staking

Noorweë het sy Gudrun, Oseberg- en –Oos olievelde in die Noordsee gesluit as gevolg van ‘n staking in die bedryf in die land. Na wat berig word sal daaglikse produksie met 89 000 vate daagliks as gevolg van die staking verlaag. Maar, Brent toon op die oomblik min verandering omdat beleggers kommer het oor die aanbod maar, ook oor ‘n wêreldwye resessie wat vraag na brandstof sal beperk. Die kommoditeit verhandel rondom 114 Amerikaanse dollar ‘n vat.