Maimane verwerp Madonsela se voorstel vir amnestie vir staatskaping

Die leier van die One South Africa-beweging, Mmusi Maimane, steun nie die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se voorstel van amnestie vir diegene wat betrek word by staatskaping nie. Madonsela sê amnestie moet aangebied word aan die mense wat betrokke is by die web van staatskaping sodat hulle eerlik kan wees oor hulle rolle en die web kan breek. Maimane sê om mense wat ‘n misdaad gepleeg het amnestie te gee, sal nie die probleem oplos nie. Hy sê wat nodig is, is ‘n spesiale ondersoekeenheid met ervare vervolgers wat aangestel moet word. Hy sê daarsonder sal die misdade herhaal word.