Vermeende wildstroper op plaas by Kombat doodgeskiet

‘n Vermeende wildstroper is op die plaas Salzbrunnen naby Kombat in die Otjozondjupa-streek doodgeskiet in ‘n heen en weer skietery met twee plaaswerkers wat die plaas patrolleer het. Volgens NamPol se woordvoerder in die streek, inspekteur Maureen Mbeha, word die voorval as ‘n moordsaak hanteer. Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie. Hy was glo deel van vier gewapende mans wat die plaas betree het. Sy sê die plaaswerkers het aanvanklik waarskuwingskote in die lug afgevuur, maar die mans het teruggeskiet. Een van die verdagtes is doodgeskiet en die ander drie het op die vlug geslaan. Die polisieondersoek duur voort.