Hoof van teenbende-eenheid afgedank

Die hoof van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, Jeremy Veary, is afgedank. Dit volg nadat hy skuldig bevind is aan wangedrag wat verband hou met oneerbiedige plasings op sosiale media oor die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole. Suid-Afrikaanse media berig dat Veary verlede maand voor ‘n tugkomitee verskyn het ná Facebook-inskrywings waar hy skakels geplaas het na nuusberigte oor die tugproses teen die oudhoof van misdaadintelligensie. Die polisie voer aan dat dit bedoel was om Sitole se beeld te skaad. Veary was voorheen ‘n lyfwag van oudpresident Nelson Mandela.