Maarsbankerkwota-veiling op 18 Junie

Die Namibiese ministeries van finansies en visserye het in ‘n gesamentlike mediaverklaring gesê die stokvisveiling was ‘n reuse-sukses. Die ministeries sê indien die stokvis teen reserwepryse verkoop sou word, sou dit slegs ‘n inkomste van 102,3 miljoen Namibiese dollar gekry het, in plaas van die 189,9 miljoen Namibiese dollar wat dit met die veiling behaal het vir die verkoop van byna 16 metrieke ton stokvis. Die woordvoerder van die Namibiese finansministerie, Tonateni Shidhudhu, deel sy vreugde met Kosmos 94.1 Nuus.