Hoof van IRDNC gaan ook saam met woestynolifante stap

Die uitvoerende hoof van Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring, John Kasaona, gaan 150 kilometer in bewaringsgebiede in die Kunene-streek stap om bewustheid oor woestyn-aangepaste olifante te skep. Die staptog gaan môre begin en duur tot Saterdag. Tosco, ‘n bewaringsorganisasie wat toerisme ondersteun, reël die geleentheid wat ook as ‘n fondsinsameling dien. Kasaona gesels met Kosmos 94.1 Nuus.