Springbokke is steeds bo-aan wêreldranglys

Rugby: Die Springbokke is steeds die beste in die wêreld ná Saterdag se naelbyt-oorwinning oor Wallis in die eerste toets in Pretoria. Die All Blacks het verbeter tot tweede op die wêreldranglys nadat hulle Ierland geklop het. Hulle sou Suid-Afrika in die eerste posisie verbygesteek het as dit nie was vir Damian Willemse se beslissende strafdoel in beseringstyd nie. Frankryk is nou in die derde plek, ondanks sy 42-23 oorwinning oor Japan. Ierland is vierde, Australië vyfde, Engeland sesde en Argentinië sewende. Skotland neem die agtste posisie in en Wallis is negende, terwyl Japan die top-tien afrond.