Hokkie: Namibiese vrouespan meer ervare vir Wêreldbeker

Die Namibiese Hokkie-unie het die mans- en vrouespanne is gereed om aan die Binnenshuise Hokkie-Wêreldbeker-toernooi vanaf 5 tot 11 Februarie in Pretoria, Suid-Afrika, deel te neem. Margreth Mengo lei die vrouespan en David Strauss is die kaptein van mans. Twaalf mans- en vrouespanne gaan in Pretoria meeding om die wêreld-titel. Elke span bestaan uit 12 spelers en sewe beamptes. Die afrigter van die vrouespan, Erwin Handura sê aan Kosmos 94.1 Nuus dié span het meer ervaring.