Namibiërs hou duim vas vir Cassia by Mej.  Heelal

Alle oë is op Mej. Namibië 2022 Cassia Sharpley wat aan die 71ste Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in New Orleans, Louisiana, deelneem. Die kroning van Mej. Heelal vind môre plaas en waar 90 skoonheidskoninge hoop om die mooiste vrou in die heelal te wees . Mej. Namibia 2021 Chelsi Shikongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy glo Cassia gaan baie goed doen.

Die Namibiese ambassadeur in Amerika, Margaret Mensah-Williams wens Cassia alle voorspoed toe.