Hofaansoek vir Denel se likwidasie

Die staatswapenvervaardiger Denel staar likwidasie in die gesig. Die maatskappy se sake gaan aan ‘n likwidateur oorhandig word sodat sy skuldeisers eise kan indien. Die kwessie hou verband met ‘n kontrak met SAAB Grintek Defence vir die vervaardiging van 211 brandweerrekenaars vir die Ratel infanterie-gevegsvoertuie. Denel was veronderstel om as deel van sý verpligtinge, SAAB van spesifieke toerusting te voorsien, maar dit het nie gebeur nie. Volgens Suid-Afrikaanse media het SAAB Grintek Defence die Noord Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingevolge die Wet op Insolvensie genader.