Covid: nuwe maatreëls by Katutura, Sentraal hospitale

Die Namibiese ministerie van gesondheid het alle verwysings na die Katutura en Sentraal hospitale in die hoofstad met onmiddellike effek opgeskort. In ‘n skrywe aan die bestuur van die twee fasiliteite sê die ministerie verder dat alle operasies en prosedures wat nie ‘n noodgeval is nie, ook onmiddellik gestaak word. Onafhanklike Covid-sale moet ook geskep word en personeel moet vir tussen drie en ses maande na die eenhede ontplooi word. Opleiding moet ook gedoen word en konsultante moet gereeld die fasiliteite besoek en seker maak dat alle korrekte prosedures in plek is, en gevolg word. Alle uitreik besoeke aan die twee hospitale is ook met onmiddellike effek gekanselleer.