Talle boetes vir sand-smokkelary in Italië

Tientalle toeriste sal duur moet betaal as hulle aandenkings van Sardinië se ongerepte strande huis toe wil neem. Die Italiaanse media berig dat doeane-polisie van dié Mediterreense eiland boetes van tot 50 000 Namibiese dollar aan 41 mense opgelê het wat onlangs probeer het om 100 kilogram sand, skulpe en klippe van die strand weg te neem. Van die toeriste verkoop die buit aanlyn in wat reeds ‘n florerende, maar onwettige, bedryf is.