Hof in Kenia sê nee vir vepligte inentings

‘n Keniaanse hof het die regering se plan om verpligte inentings te eis om toegang tot openbare dienste te ontvang tydelik ter syde gestel tot die saak aangehoor kan word. Die land se gesondheidsminister Mutahi Kagwe het in November gesê almal moet teen 21 Desember bewys toon van inentings om toegang tot dienste te ontvang. Dit sou ook restaurante, kroeë en meer ingesluit het. Maar, die hof het bevind dit is ongrondwetlik en verteenwoordig ‘n skending van menseregte.