Handelstoestande verbeter in SA

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Sacci, sê handelstoestande is in Julie vanjaar skielik ontwrig, maar het sedertdien bestendig geraak. Toestande was weer positief of byna positief in Oktober en November. Sacci sê die verwagtinge vir die volgende ses maande bly positief. Sestig-persent van die respondente in die kamer se meningsopname oor handelstoestande verwag beter toestande. Inflasiedruk het effens afgeneem. Sewentig- tot 80 persent van die respondente verwag egter ‘n styging in verkoopspryse en insetkoste.