Hof beslis Noamab se NUST-aanstelling is regverdig

Die dringende aansoek van Frednard Gideon in die Windhoekse hoërhof teen onder meer die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die minister van hoër onderwysminister en die vise-kanselier van NUST, Erold Noamab, is met koste van die hand gewys. Die saak spruit voort oor die aanstelling van Noamab as vise-kanselier van Nust, ‘n pos waarvoor Gideon ook aansoek gedoen het. Regter Hannelie Prinsloo het die saak van die rol geskrap.