Skokkende onthullings oor Buffalo skietvoorval

Payton Gendron, die Amerikaner wat daarvan beskuldig word dat hy verlede maand tien swart Amerikaners in Buffalo, New York, doodgeskiet het, sal nou klagte van haatmisdaad in die gesig staar. Die Amerikaanse prokureur-generaal Merrick Garland het formeel die klagtes teen hom gemaak en daar is ‘n totaal van 26. Volgens Garland, het Gendron dit spesifiek so beplan en meer as 300 kilometer afgelê om die misdaad te pleeg. Garland het die skokkende besonderhede met die media gedeel.