Hoë pryse, krimpflasie, teister Nigeriërs

Internasionale nuusagentskappe berig dat verbruikers in Nigerië gebuk gaan onder prysverhogings van tot 25 persent. Die land ervaar, nes Namibië, krimpflasie, waar minder van dieselfde produk dieselfde as die vorige hoeveelheid kos. Die stygende pryse het ook kleremakers en ander besighede genoodsaak om hulle pryse op te stoot om op te maak vir die duurder insetkoste. Terwyl die land reeds verlede jaar uit die resessie beweeg het, is ekonomiese groei stadig. Die land maak staat op ru-olie om 90 persent van sy buitelandse valuta te waarborg wat tot tekorte gelei het. Tekorte hieraan het handelaars van selfone en ander elektronika genoodsaak om Amerikaanse dollar op die swartmark ten duurste te bekom wat hulle weer hef op verkoopspryse. Intussen sê die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler, die prys van voedsel sal in 2022 steeds styg, teenstrydig met die voorspellings van die Internasionale Monetêre Fonds wat meen dit kan moontlik bedaar.