Die Okahandja-brand woed steeds

Die brand wat reeds verlede naweek vermoedelik by die regeringsplaas Rudenau net wes van Okahandja ontstaan het, is tans in die gebied van Rock Lodge en plase net noordwes van Okahandja. Die vuur veroorsaak op die oomblik swak sigbaarheid op die B2-roete na die kus. Boere in die Okahandja-omgewing bestry reeds ‘n week lank die brand wat elke keer opvlam wanneer wind begin waai. Dele van Gross Barmen en plase nader aan Okahandja is reeds deur die brand geraak.