N$300 000 vir ‘varklike’ skildery…

Suid-Afrika se bekende skilder-vark, Pigcasso, het die geskiedenisboeke gehaal nadat ‘n Duitse belegger sy kleurryke skildery, Wild and Free, vir meer as 300 000 Namibiese dollar gekoop het. Pigcasso, ‘n vark van die Wes-Kaap wat bekend is vir sy kuns, word by die Farm Sanctuary South Africa versorg nadat die stigter van dié plek van veiligheid, Joanne Lefson, hom in 2016 by ‘n slagtery gered het. Farm Sanctuary South Africa bied ‘n heenkome aan vee wat gered word.