Herwinning van visnette hou Britse seewaters skoon

‘n Britse organisasie, Keep Britain Tidy, het met ‘n veldtog begin om visnette wat in die see gestort of in stortingsterreine weggegooi word, te herwin. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Allison Ogden-Newton, sê die oseaanherwinningsprojek verwyder nette uit hawens en van strande. Dit doel daarvan is om die klimaatkrisis aan te spreek deur besoedeling te verminder en die seelewe te bewaar. Volgens navorsing deur Greenpeace, maak visnette tien-persent van die plastiekafval in Britse oseane uit, wat lei tot skade aan die seebodem en die dood van marienespesies.