Dood van 21 onwettige myners – dis die regering se skuld

Die Nasionale Vereniging van Ambagsmynwerkers in Suid-Afrika sê die regering moet die skuld kry vir die dood van 21 onwettige mynwerkers wie se liggame in ‘n werkende mynskag in Krugersdorp, Gauteng, gevind is. Volgens voorlopige bevindings is die liggame van ‘n ander plek na die mynskag verskuif. Die polisie fynkam die gebied op soek na nog liggame, terwyl lykskouings die oorsaak van dood sal bepaal. Die vereniging se woordvoerder, Zethu Hlatshwayo, sê die regering het eerstens misluk deur nie die bestaande beleid oor die mynbedryf in te stel nie.