Britse man het 411 dae Covid gehad, langste op rekord

‘n Britse man het Covid vir ‘n volle 411 dae gehad – wat op die oomblik beskou word as die wêreldrekord. Hy het ook die virus oorleef. Volgens ‘n senior dosent aan die Britse Universiteit van Exter, dr. Bharat Pankhania, was die man se immuunstelsel ondedruk. Hy het aan Sky News gesê die pasiënt het ook die eerste vorm van die virus opgedoen.