Helderberg-brand versprei na Stellenbosch

‘n Verwoestende ketting van vuur het van die Heldelberg bokant Somerset-Wes na Stellenbosch versprei. Volgens Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit het vars brandspanne vanoggend ingeval om die brand wat Vrydag by die Lourensford-wynlandgoed uitgebreek het, te bestry. Saterdag was meer as 130 brandweerbeamptes met 30 brandbestrydingstoestelle op die toneel met die wind wat die vuur na die bergagtige gebied versprei het. Alhoewel inwoners van die Erinvale-landgoed hul huise ontruim het, is geen eiendom beskadig en niemand is beseer nie.