Australië, Frankryk verstewig bande ná uitval oor duikbote

Australië het ingestem om meer as 9,2 miljard Namibiese dollar aan Frankryk te betaal nadat hy ‘n kontrak vir die lewering van duikbote gekanselleer het. Canberra het verlede jaar aangekondig hy onttrek uit ʼn ooreenkoms van 583 miljard dollar om diesel-aangedrewe duikbote vir Frankryk te bou. Australië het toe bekendgemaak hy gaan eerder kern-aangedrewe duikbote met Amerikaanse en Britse tegnologie bou, in nakoming van die sogenaamde Aukus-ooreenkoms. Die nuutverkose Australiese premier, Anthony Albanese, en die Franse minister van verdediging, Sebastien Lecornu, het albei die skikking verwelkom en die hoop uitgespreek dit sal bilaterale verhoudinge versterk.