Haweloses steeds by stadions in Whk, raak net meer

Die hawelose inwoners van Windhoek wat in Maart 2020 by verskeie stadions in die hoofstad bymekaar gebring is, is steeds by die stadions. Daar kom ook al hoe meer mense by. Daar was destyds verskeie borge wat kos en tente vir die mense verskaf het en dit is natuurlik ook ‘n trekpleister. Die stadions is onder die ministerie van sport se beheer en Kosmos 94.1 Nuus het met die minister, Agnes Tjongarero gepraat oor die uitdagings wat hulle ervaar om die mense daaruit te kry.