N$135m om beleggings te bevorder

Die Namibiese Beleggingsbevordering en –ontwikkelingsraad is 135 miljoen Namibiese dollar toegeken om buitelandse en plaaslike beleggings te bevorder en te fasiliteer. Die fondse is deur die minister in die Presidensie, Christine //Hoebes toegeken uit die total begroting van 614 miljoen dollar vir die kantoor. Sy sê die raad moet die volume, waarde en omvang van Namibië se uitvoer-goedere en dienste te verhoog, asook om eksterne markte en voorkeur marktoegangs-toestande vir plaaslike produkte in streeks- en globale markte te verseker. //Hoebes het bygevoeg dat die begroting ook die verkryging van stelsels en prosesse insluit wat daarop gemik is om die direksie te digitaliseer.