Nokia, Ericsson onttrek uit Rusland, maak pad oop vir Huawei

Nokia het aangekondig die maatskappy onttrek ook uit die Russiese mark. Honderde meestal Westerse maatskappye het sedert die inval in Oekraïne op 24 Februarie en die ernstige sanksies teen Moskou, die opskorting van hulle bedrywighede of hul vertrek uit Rusland aangekondig. Nokia se Sweedse mededinger, Ericsson, het ‘n onbepaalde opskorting van sy bedrywighede in Rusland aangekondig en sê sy 600 werknemers gaan op betaalde verlof geplaas word. Die vertrek van twee Westerse swaargewigte in die 4G- en 5G-wêreldmark, maak die pad in Rusland oop vir Huawei van China.