MIV, Vigs-oordrag van moeders na kinders al hoe beter bekamp

Sedert 2003 het die Verenigde State se program in Namibië, Pepfar, die MIV en Vigs getalle drasties laat afneem. Volgens die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula het Namibië baie goeie vordering gemaak met die bekamping van MIV en Vigs-oordrag van moeders na kinders. Die minister het die aankondiging gemaak by die Afrika Gesondheid Arbeidsmag Beleggingsforum. Shangula lewer die statistieke.