Harvard-alumni vies oor pro-Palestynse verklaring

Vooraanstaande alumni van die Harvard Universiteit is woedend oor ‘n pro-Palestynse verklaring deur ‘n koalisie van 34 studente-organisasies van die beroemde Amerikaanse instelling. Die studente sê hulle hou die Israelse regime absoluut verantwoordelik vir die groeiende geweld tussen Israel en die Palestyne na dekades van besetting, en dat die apartheidsregime alleen die skuld moet kry. Die voormalige Amerikaanse minister van Finansies en huidige president van Harvard, Lawrence Summers, eis die universiteit moet teen die ondertekenaars optree en kritiseer die leierskap omdat hulle nie gouer reageer het nie.