Hardapdam se vlakke wek kommer vir landbou

Koring as wintergewas kan slegs in Namibië onder besproeiing geplant word en die belangrikste koringproduksie-gebiede is die Hardap-besproeiingskema by Mariental in die Suide en die regeringsbesproeiings-projekte langs die Okavangorivier. Minder hoeveelhede koring word by besproeiingsplase in die Mieliedriehoek geproduseer. Verlede jaar is rekord-koring by die Hardap-skema geplant maar, vanjaar is die dam op net 36,8 persent teen 68 persent verlede jaar die tyd. Die Aimab-superplaas by Mariental het ook al kommer oor die dam se vlakke uitgespreek. Die dam moet nog in die komende somerseisoen weer mielie- en lusernverbouing ondersteun. Gilbert Mulonda van die Namibiese Akkerbouraad gesels met Kosmos 94.1 Nuus.