Uitspraak vandag in Marén se borgaansoek

Die omstrede Fishrot-prokureur Marén de Klerk hoor vandag of hy borg sal kry of nie. Die verhoor, wat volg op sy arrestasie verlede week Donderdag, sal volgens berigte die Fishrot-verhoor, wat op 23 Oktober vanjaar in die Windhoek-hoërhof sal begin, vertraag, sou hy borg kry. Die staat staan borg teen en meen De Klerk is ‘n vlug-risiko. Die Namibiese aanklaer-generaal Martha Imalwa sê De Klerk het niks om voor bang te wees nie. Hy voer aan die staat kan hom nie beskerm nie en het voorheen ook melding gemaak van pogings op sy lewe. Hy beskuldig ook die Teenkorrupsie-kommissie dat hy nie sy beëdigde verklaring konfidensieel kon hou nie. Imalwa sê De Klerk sal al die beskerming wat hy nodig het kry en moet Namibië toe kom om verhoor te word. Sy ontken dat De Klerk ‘n fluitjieblaser in die Fishrot-saak is. Hy het homself in die verlede so beskryf.