Hardap-waarksuwings: Mariental het sy vinger op die pols

Die Mariental-munispaliteit sê hy het sy vinger op die pols in verband met die swaar neerslae wat vir volgende week voorspel is. Landwater het aangeraai dat die sluise van die Hardapdam reeds voor Sondag oopgetrek moet word maar, die dorp se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, sê die moniteringstelsels wat daargestel is, is voldoende om owerhede te laat weet hoeveel water kom aan, voor dit die dam bereik.