Hainuca sê hy fokus nou op 200-meter deelname in 2023

Namibië se naelloper, Gilbert Hainuca, sê al het sy deelname aan die 2022 Statebondspele nie volgens plan verloop nie, is hy steeds hoopvol om sy prestasie te verbeter. Hy het die week met een van die sewe vinnigste tye vir die halfeindronde in die 100-meter vir mans gekwalifiseer het, maar het sesde geëindig en kon nie kwalifiseer nie. Hy sê swak begin en dit het hom ‘n plek in die eindstryd gekos. Hainuca, wat ’n persoonlike beste tyd van 10,14 sekondes het, het 10,31 sekondes in die uitdunne behaal met 10,29 sekondes in die halfeindronde. Hy sê hy werk nou daaraan om in 2023 aan die 200-meter te begin deelneem.