Onderwys: 84% van N$14,1 miljard begroting gaan aan salarisse

Een van die grootste uitdagings wat die Namibiese onderwystelsel tans ervaar is ‘n tekort aan befondsing. Die ministerie is vanjaar 14,1 miljard Namibiese dollar, of 23 persent van die totale begroting ontvang. Luidens die jongste syfers, wat by die onderwyskonferensie, wat tans in die hoofstad aan die gang is, bekend gemaak is, word 84 persent van die begroting gebruik vir salarisse met net 16 persent wat beide leermateriaal en infrastruktuur moet onderhou. Slegs 3 persent van die begroting word aan pre-primêre en vroeë graad onderwys bestee wat beteken dat kinders skool begin met onvoldoende voorbereiding wat op sy beurt swak prestasie veroorsaak. In 2019 het 12,5 persent van leerders ‘n graad herhaal teen ‘n geraamde koste van 1,58 miljard dollar.